Meyerton Catogory

Meyerton - Henley-on-Klip

Meyerton is a town in Gauteng , 15 km north of Vereeniging . It forms part of the Midvaal Local Municipality and the Sedibeng District Municipality . Meyerton was founded in 1891 and was named after JP Meyer , a field cornet , member of the Transvaal Volksraad and owner of the farm Klipriviersberg.

Meyerton is often referred to as the home of the school started by the chat queen Oprah Winfrey (the Oprah Winfrey Leadership Academy for Girls), but it is in Henley-on-Klip . It is an idyllic village outside Meyerton along the Klip River .

Henley on Klip is an idyllic village located just north-east of Meyerton along the Klip River . The "Bass Lake" in Henley-on-Klip is a popular destination for scuba divers

The Oprah Winfrey 's "Leadership Academy for Girls" is located in Henley-on-Klip.


Klipdraai Karavaanpark

Description:

Welkom by Klipdraai Karavaanpark – ‘n juweel en ware verrassing in die hartjie van Gauteng, geleë op die oewers van die Kliprivier in Meyerton. Slegs ‘n uur se ry van OR Tambo Internasionale lughawe en 90 minute vanaf Pretoria, met vinnige en maklike toegang tot snelweë.


Hierdie, karavaanpark bied lieflike lowergroen staanplekke, heerlike skaduwee, is naby geleë aan alle fasiliteite en aktiwiteite. Die park is gemik op die familie en ons maak spesiaal voorsiening vir kinders. ‘n Verskeidenheid van aktiwiteite, ontspannings geriewe, vermaak en fasiliteite sal elkeen van die gesin besig hou (pa en ma moet ook rus) en terselftertyd elkeen die geleentheid bied om saam met familie, vriende en natuurliefhebbers te kan ontspan en ons opregte gasvryheid te beleef. Sekuriteit is prioriteit by die park en is omring met veiligheidsheinings en toegang tot die park word beheer met ‘n bemande 24 uur toegangsbeheerpunt asook sekuriteitskameras.

      • Klein hondjies op leibande word toegelaat.
      • Ons maak ook voorsiening vir dagbesoekers wat welkom is, om ‘n piekniek mandjie
        te pak en onder die skaduwee bome te ontspan .

Klipdraai Karavaanpark is die ideale plek :

      • Om weg te glip van die besige stadslewe
      • Wanneer jy uitkyk vir ‘n vinnige naweek wegbreek
      • Die plek om te wees vir ‘n welverdiende fantastiese familie vakansie
      • Met u aankoms sal u dadelik tuis voel met ons verskeidenheid wild wat u begroet en ons rustige atmosfeer inkleur.

KAMPERING :
Die karavaanpark het 350 karavaan staanplekke met pragtige groen gras en baie bome. Staanplekke is nie uitgemerk en geallokkeer nie, dus het u vryheid van keuse waar om te kampeer. Elke staanplek het ’n 220 volt / 30 ampere elektriese kragpunt en waterpunte is naby geleë . Die moderne en skoon ablusiegeriewe, en opwasareas maak die besoek ‘n gerieflike ervaring. Daar is 10 ablusiegeriewe met storte, baddens, toilette, paraplegiese toilette, wasbakke en kragpunte vir skeermesse en haardroërs en 4 opwas areas beskikbaar.

FASILITEITE & AKTIWITEITE :
Klipdraai Karavaanpark bied ‘n verskeidenheid van fasiliteite en aktiwiteite om jou vakansie ontspanne, gerieflik en terselftertyd ook prettig te maak.
Dit sluit die volgende in:

      • Warmwater swembad wat deur die jaar gebruik kan word
      • Koue waterswembad om in af te koel
      • Koue Kinderswembad wat vlak is vir die klein kindertjies om in te baljaar
      • Borrelbaddens vir totale ontspannig .
      • Vlugbal (Volleyball) en Jukskei bane, Buite Skaak , 2 x Potspel “pool” tafels , Veerpyltjies,
        Meganiese Bul ( naweke en skoolvakansies) – verseker alles
      • wat die familie nodig het vir ‘n onvergeetlike vakansie
      • 9 Gaatjie avontuur mini gholf as ‘n lekker tydverdryf
      • Springmatte en Speelarea (Jungle Gym) vir die kinders
      • Miniatuur perdjies
      • Wildkamp
      • Visvang (Barber, Karp, Klip-Barbers, Geelvis, Koi )
      • ‘n Goed toegeruste gerieflikheidswinkel vir noodsaaklikhede en benodigdhede , wat ook braaihout, charcoal en ys verkoop.
      • Verskaf ook ligte etes en wegneem etes.

ANDER FASILITEITE OOK BESKIKBAAR :

      • Mobiele foon opvangs
      • Piekniek geriewe
      • Funksie en Onthaal geriewe : Verjaardae, Ooievaarstee, Jaareind Funksies en vele meer.
        Om daardie geleentheid te omskep in ‘n buitegewone ene.
      • Klipdraai Trou en Konferensie Venue : Ons trou venue beskik oor 2 pragtige kerkies
        (wat onderskeidelik 75 en 200 gaste kan akkommodeer) en ‘n huweliks onthaal area wat
        140 gaste kan akkommodeer.

Additional Information

      • Bank Card Facilities 
      • Allow Children 
      • Allow Pets 

Information:

    • Camping
    • Caravan Park
    • Fishing
    • Outdoor Activities
    • Wedding Venue
    • Conference Venue

Contact details:

Klipdraai Karavaanpark

Address:
Plaas Kookfontein, H/v Viewlaan & Kort Straat Rothdene, Meyerton Gauteng
Fields marked with * are required
Captcha ImageReload captcha image challenge

vaalmeander

Contact Us!

Vereeniging, Three Rivers, South Africa

Email us Today

 

Who is online

We have 180 guests and no members online